Minibustaxi’s deur hek en heining

Lees ook :

Foto's: The Atlantic Seaboard Community Forum en Pretoria Volunteer Emergency Services

GAUTENG EN WES-KAAP. – Insittendes van minibustaxi’s het die naweek beserings in twee afsonderlike insidente opgedoen toe die voertuie deur ‘n hek in Kampsbaai en ‘n heining in Gezina gery het.

Peter Flentov van The Atlantic Seaboard Community Forum sê die bestuurder en passasier van ‘n minibustaxi is beseer toe dit Vrydagaand deur die hek van ‘n huis gery het. Skade aan die eiendom is bevestig.

Pretoria Emergency Volunteer Services sê ‘n oproep is Sondag omstreeks 15:00 oor ‘n insident in Gezina, in die Moot van Pretoria, ontvang. Vier eenhede en ‘n dokter het hulle na die toneel gehaas. Op die toneel was een beseerde persoon wat behandel is en aan die Gauteng- provinsiale ambulansdiens oorhandig is. Die toneel is daarna aan die polisie oorgegee.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief