Minister keur slegs 23 van 599 paroolaansoeke goed

Lees ook :

Foto: The Department of Correctional Services

Dr. Pieter Groenewald, die minister van korrektiewe dienste, het die totale aantal paroolaansoeke deurgewerk en op 3 Oktober reeds afgehandel gehad. Slegs 23 aansoeke is goedgekeur en een gevangene is ‘n dagparool toegestaan.

Groenewald het ‘n agterstallige 495 sake oorgeneem. 104 nuwe sake het bygekom toe hy as minister vir die departement oorgeneem het.

Drie gevangenes wat lewenslange vonnisse uitdien, is parool toegestaan, waarvan twee na Mosambiek en een na Zimbabwe gedeporteer sal word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief