SUID-AFRIKA. – Minister Nkosazana Dlamini-Zuma (75) het aangedui dat dit haar laaste termyn as ANC LUR is. Sy was onder andere verantwoordelik vir vroue, die jeug en individue met gestremdhede.
Haar aankondiging is uiteengesit in ’n brief wat aan die verkiesingskomitee gerig is.
Daarin bedank sy alle vlakke van die ANC-party vir die geleentheid wat sy sedert 1994 gegun is om as openbare verteenwoordiger en uitvoerende parlementslid te kon dien.
Dlamini-Zuma het vroeër opslae gemaak toe sy vir die art. 89-paneel se verslag oor die aanbeveling oor president Ramaphosa se vervolgingsproses oor Phala Phala gestem het. Meeste ANC-kaders het teen die aanbeveling gestem. Volgens Dlamini-Zuma staan sy steeds by haar besluit oor die Phala Phala-debakel omdat “haar gewete skoon is en sy bereid is om die nagevolge te dra omdat sy gedoen het wat reg is”.
Daar is egter geen aanduiding wat haar rol verder in die party gaan wees nie. Sy was die destydse gesondheidsminister onder oudpresident Nelson Mandela en is in 1998 van oudpresident Jacob Zuma geskei.
Bronne: The Citizen, EWN





