Minister van justisie en staatkundige ontwikkeling veroordeel moord op aanklaer

Lees ook :

Minister van justisie en staatkundige ontwikkeling veroordeel moord van aanklaer fotokrediet: Canva

GQEBERHA. – Die minister van justisie en staatkundige ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het die moord Donderdagmiddag 31 Julie op die streekhofaanklaer, Tracy Brown, van die New Brighton-landdroshof in Gqeberha, veroordeel.

Lees ook: Trump se 30%-handelstarief op SA ingestel

Tracy Brown is voor haar lewensmaat en minderjarige kind doodgeskiet toe sy by haar huis in Lawtonstraat in Young Park aangekom het. Die motief vir die moord is nog onbekend en geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.

Brown se dood volg net maande nadat nog ’n aanklaer van Ngcobo in Mthatha doodgeskiet is.

Minister Kubayi het haar medelye teenoor die vriende, familie en kollegas van Brown uitgespreek en gesê veiligheidsmaatreëls wat die nasionale vervolgingsowerheid vir aanklaers in plek het, moet hersien word, veral in die Oos-Kaap.

Bronne: SA Regering

Lees ook: Trump se 30%-handelstarief op SA ingestel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief