WES-KAAP. – Sisisi Tolashe, die minister van maatskaplike ontwikkeling, sal Dinsdag 8 Julie die gemeenskap in Khayelitsha toespreek en met hulle in ’n geïntegreerde gemeenskapsregistrasie-uitreikprogram in gesprek tree.
Volgens ‘n Sassa-sosialemediaplasing het die program ten doel om maatskaplike dienste nader aan die gemeenskap te bring, asook om bekommernisse en voorstelle van inwoners met betrekking tot maatskaplike bystand aan te hoor.
Die geleentheid vind Dinsdag om 08:00 by die OR Tambo-saal, Mew Way, in Khayelitsha, plaas. Die publiek word aangemoedig om die geleentheid by te woon.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]




