Minstens 123 verbode immigrante tydens operasie vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Ten minste 123 ongedokumenteerde buitelandse burgers is vanoggend in ‘n operasie in Durban gearresteer.

Kol. Robert Netshiunda sê buiten die arrestasies is R4.1 m. se vervalste US-dollars, 117 rondtes ammunisie van verskeie kalibers, en drank gekonfiskeer.

Die multidissiplinêre operasie met verskeie rolspelers, wat die polisie, metropolisie, korrektiewe dienste, binnelandse sake en ander ingesluit het, was op gekaapte geboue in die stad toegespits.

“Daar is op ses geboue toegeslaan, waarvan een gebou in munisipale besit is en ‘n persoon vir ondervraging geneem is omdat daar na bewering huurgeld van onwettige inwoners gevorder word.”

Netshiunda sê by twee van die gekaapte geboue waar water en elektrisiteit onwettig gekoppel is, is dit ontkoppel.

“‘n Verdagte is gearresteer nadat hy in besit van kokaïen en metamfetamien en ‘n onbekende bedrag geld gevind is.”

Die operasie duur voort met die polisie wat na verdagtes wat vermoedelik in besit van onwettige vuurwapens is, soek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief