TEXAS, VSA. – Sowat 161 mense word steeds vermis ná die oorstromings wat Texas onlangs getref het. Altesaam 109 mense is reeds as gevolg van die oorstromings oorlede, insluitend 28 kinders en volwassenes wat ‘n Christelike vakansiekamp by Camp Mystic bygewoon het.
Lees ook: Dodetal in Texas-oorstromings meer as 100
Nog vyf kinders en een volwassene van Camp Mystic is steeds vermis.
Goewerneur Greg Abbott het gesê die soektog na die vermiste mense sal voortduur totdat elkeen gevind is. Abbott het gesê die getal mense wat vermis word, sal waarskynlik nog styg.
Gister is nog waarskuwings oor oorstromings vir beide Texas en New Mexico uitgereik.
Bronne: BBC, Sky News, CBS News





