Lees ook: Israel waarsku oorlog in Gaza kan aangaan tot einde van die jaar
GAZA. – Minstens 30 mense is dood na die Israeliese weermag ‘n skool in Gaza aangeval het. 23 vrouens en kinders is in die lugaanval dood.
Die Israeliese weermag het gesê die aanval was op Hamas gemik wat operasies op Israel vanuit die skool beplan. Die Al-Sardi-skool is deur die VN-agentskap vir Palestynse vlugtelinge gebruik.
Ooggetuies het vertel baie vlugtelinge wat daar geskuil het, is in die aanval dood.
Een ooggetuie het vertel die vuurpyle het klaskamers getref waar families geslaap het. Hy het gesê hy het vyf mense se liggame uitgedra, een ‘n ou man, en twee kinders.
Bronne; The Telegraph, Daily Mail, DW-South Africa
Lees ook: Israel waarsku oorlog in Gaza kan aangaan tot einde van die jaar





