Lees ook: VSA kan dalk TikTok verban
’n Sekuriteitsvideo is onlangs in Suid-Afrika gedeel wat wys hoe misdadigers bankkaarte met die tap to pay-funksie kan gebruik om geld te steel.
In die video laat ’n beweerde misdadiger iemand voor hom gaan in die ry, maar toe die niksvermoedende slagoffer betaal met sy kaart betaal, gaan hy nader met sy foon. Die beweerde misdadiger het sy slimfoon gebruik om die kaart te skandeer sonder dat die persoon dit agtergekom het.
Volgens die ombudsman vir bankdienste is honderde sake van bedrog wat te doen het met tap to pay onlangs by hulle aangemeld.
So kan jy jou kaarte beskerm: Koop ’n beursie wat RFID-seine blok of bedek jou kaarte in jou beursie met foelie.
Sit twee kontaklose kaarte langs mekaar in jou beursie bv. jou Gautrein-kaartjie langs jou bankkaart. Dit sal enige lesings moeilik maak en jou kaart beskerm.
Kyk wie staan naby jou in winkels en hou ten alle tye jou kaart dop.
Registreer om SMS’e van jou bank vir transaksies te kry en gaan jou bankstate deur vir vreemde transaksies.
Tap-Tap!!! Be careful of Card Scammers.
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) March 12, 2024
The victim had no clue that her card was being cloned or that she was being scammed. #CrimeWatch pic.twitter.com/TWXJ9BIGpO
Bronne: BusinessTech, X, My Broadband
Lees ook: VSA kan dalk TikTok verban





