Lees ook: Stellenbosch-munisipaliteit tweet oor Kate Middleton
VSA. – Die VSA se huis van verteenwoordigers het ’n wetsontwerp aanvaar wat kan veroorsaak dat die TikTok-toep in Amerika verban word.
ByteDance, die Chinese maatskappy wat TikTok besit, sal dan ses maande hê om hulle aandeel te verkoop of die toep sal blokkeer word. Dit is die gevolg van Amerika bekommernis oor China se invloed op TikTok en die data wat hulle bymekaarmaak. TikTok het al verskeie kere gesê gebruikers se data is veilig maar daar is sake van ByteDance-werkers wat toegang gehad het tot TikTok-gebruikers se data. Die bekendste geval was toe hulle toegang tot ’n joernalis se bronne kon kry deur sy data te gebruik.
Die wetsontwerp moet nog deur die senaat aanvaar word en deur die president geteken word voor dit ’n wet word. Biden het gesê hy sal dit teken sodra hy dit ontvang, indien die senaat dit goedkeur.
ByteDance sal dan goedkeuring moet kry van China om hulle aandele te verkoop en China het klaar te kenne gegee hulle gaan weier.
As die VSA voortgaan met die poging om TikTok te verban, kan dit ’n diplomatieke insident met China veroorsaak.
Bronne: BBC, Fox13 News, CNN
Lees ook: Stellenbosch-munisipaliteit tweet oor Kate Middleton





