Brekende Nuus
Afrikaans

MK-party gaan saak van ‘verraad’ teen AfriForum oopmaak

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

Die uMkhonto weSizwe-Party (MK) gaan volgens ‘n verklaring ‘n saak van verraad teen die burgerregteorganisasie AfriForum oopmaak.

Nhlamula Ndhlela, woordvoerder vir die MK-party, sê in ‘n verklaring die saak sal vandag om 11:00 by Kaapstad-Sentraal-polisiestasie in Buitekantstraat aanhangig gemaak word.