MK-party sê sluiting van Zuma se rekening is nie toeval nie

Lees ook :

MK Party sê sluiting van Zuma se rekening is nie toeval nie
MK Party sê sluiting van Zuma se rekening is nie toeval nie fotokrediet: Canva

Lees ook: ANC en MK-party vandag in verkiesingshof

Die MK-party het gesê die sluiting van Jacob Zuma se rekening by FNB is nie toeval nie.

Hulle het gesê dit sal Zuma direk affekteer, aangesien sy presidensiële pensioen in een van die rekeninge betaal word. Die partywoordvoerder het gesê die “tyd van die hofbevel is ontwerp om Zuma te verneder”. Hulle het gesê dit volg na hy ’n belangrike lid van die MK-party geword het en hulle glo dit kom van die ANC af.

Zuma het in Desember aangekondig hy ondersteun nou die MK-party en hy is nommer een op hulle kandidaatlys.

FNB het Sondag gesê sy rekening by die bank sal gesluit word na hulle ’n hofbevel van die KwaZulu-Natalse hooggeregshof ontvang het.

Bronne: IOL, African Insider, SurgeZirc SA

Lees ook: ANC en MK-party vandag in verkiesingshof

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief