GAUTENG. – Die MK-party het die besluit om die Madlanga-kommissie reeds vandag, 17 September, met sy werksaamhede te laat begin, as onwettig veroordeel. Die party is van mening die wetlikheid en samestelling van die kommissie sal môre, 18 September, in die Pretoriase Hooggeregshof betwis word.
Volgens die party is dit onregmatig dat ’n sittende regter die kommissie lei, aangesien dit ondersoeke na beweerde korrupsie en misdade binne die regbank insluit. Hulle beskryf dit as ’n botsing van belange wat die bevindings ongeldig sal maak.
Nhlamulo Ndhlela, nasionale woordvoerder van die MK-party, sê die aanvang is “duur politieke teater wat Ramaphosa en sy faksie teen aanspreeklikheid beskerm”.
Die party doen ’n beroep op regter Madlanga om die verrigtinge uit te stel totdat die hof uitspraak oor die kommissie se wetlikheid gelewer het.
Die Madlanga-kommissie is ’n regterlike kommissie van ondersoek, bekend as The Judicial Commission of Inquiry into Criminality, Political Interference and Corruption in the Criminal Justice System, wat in Julie deur president Cyril Ramaphosa ingestel is. Die ondersoek se begroting beloop R147,9 miljoen vir die duur van ongeveer ses maande. ’n Tussentydse en ’n finale verslag moet gelewer word. Die kommissie doen ondersoek na bewerings wat deur lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, die KZN-polisiekommissaris, gemaak is oor korrupsie, politieke inmenging en die infiltrasie van misdaadsindikate in dele van die strafregstelsel. Verskeie wetstoepassingsowerhede sal deur die kommissie ondersoek word.
Die party het voorts verskeie verklarings op sosiale media gemaak, soos: R147 MILLION HAS BEEN WASTED IN ORDER TO PROTECT MCHUNU. THE MK PARTY SAYS ENOUGH IS ENOUGH! Cyril is buying loyalty while our people starve. This is far from leadership, this is a sell-out! It’s time to stand up and reject the Madlanga Commission. Join the fight with the movement that puts the people first!
Die MK-party het onder andere ook gesê Senzo Mchunu, geskorste minister van polisie, moet afgedank word; die ondersoek is ‘n mors van geld. Hulle beplan ‘n protesaksie vir vandag in Pretoria: We call on all MK Party members and supporters to join the picket at the Madlanga Commission against judiciary capture today at 09:00 a.m. at Bridgette Mabandla Justice College, 332 Johannes Ramokhoase Street, Pretoria Central, Tshwane.
Lees meer hier onder:







