Mnr. en Mej. Hoërskool Diamantveld-deelnemers wil kinderhuis met wensput ondersteun

Lees ook :

Foto: Verskaf

NOORD-KAAP. – Morgyn Geyer (17) en FJ de Vries (18) is deelnemers aan die gesogte Mnr. en Mej. Hoërskool Diamantveld-kompetisie en het ‘n projek ten bate van Caritas se kinderhuis op Barkly-Wes onderneem.

Die kompetisie behels verbintenis tot gemeenskapsdiens en liefdadigheidsprojekte en die keuse was om Caritas Gemeenskapsfokus se Kinder- en Jeugsorgsentrum op Barkly-Wes te ondersteun. Geyer en De Vries gaan met ‘n wensput probeer om vyf industriële wasmasjiene vir die kinderhuis te skenk.

Om hierdie wens te bewaarheid, het die twee ‘n fondsinsameling met ‘n wensput begin. Die wensput word strategies in Kimberley geplaas waar inwoners en besoekers ‘n muntstuk kan ingooi en ‘n wens vir die kinderhuis kan maak.

Vir altesaam 85 kinders is die Caritas-kinderhuis ‘n huis, met alle aspekte van versorging. Geyer en De Vries het die behoefte vir noodsaaklike huishoudelike toestelle gesien en so het hulle projek vir die wasmasjiene begin.

“We are thrilled to have the opportunity to support such a worthy cause. Every child deserves a safe and nurturing environment to thrive, and we are committed to making a meaningful difference in their lives,” sê Geyer.

“By coming together as a community, we can create a ripple effect of kindness and generosity that will positively impact the lives of these children for years to come,” sê De Vries.

Die twee trotse deelnemers is nie net by die een nie, maar by verskeie gemeenskapsprojekte ter ondersteuning van verskeie liefdadigheidsorganisasies berokke.

“Hulle toewyding om ander te dien, illustreer die gees van deernis en altruïsme wat die Hoërskool-Diamantveld-gemeenskap definieer,” sê Geyer se ma.

Vir meer inligitng om die projek te ondersteun, kan Geyer by 084 511 0059 gekontak word.

Foto verskaf

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief