Moenie misleidende boodskap van ‘Gauteng-stilstand’ glo, versprei nie – polisie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Die polisie het ‘n WhatsApp-boodskap om Gauteng glo vandag tot stilstand te bring as misleidend bestempel. Die publiek is versoek om die betrokke boodskap te ignoreer en dit nie verder te versprei nie. Volgens ‘n polisieverklaring sal daar geen padsluiting of enige toemaak van infrastruktuur wees nie.

Brig. Athlenda Mathe, die nasionale polisiewoordvoerder, sê genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, het Sondag die publiek gemaan om nie die boodskap te glo of te versprei nie. Die boodskap beweer hoofweë sal geblokeer en skole gesluit word; die Amerkikaanse ambassade, konsulaat en sekere voedselwinkels in die provinsie sal glo ook geteiken word. Masemola waarsku dié boodskap is daarop gemik om vrees te saai, gemeenskapslede te intimideer en geweld aan te hits. Volgens Masemola sal alles in Gauteng, van besighede en skole tot dienste, volledig funksioneer en toeganklik wees.

“Ons gaan nie wetteloosheid en misdaad toelaat nie. Mense wat hulle aan die verkeerde kant van die wet bevind, sal gepas gehanteer word. Die N1 na Sandton, N1 na Pretoria en die M1- en M2-hoofweë sal oop wees,” het die generaal belowe.

Mathe sê die SAPD verseker inwoners in Gauteng dat die polisie (onder die bevel van lt.genl. Tommy Mthombeni in samewerking met ander wetstoepassingsagentskappe in die provinsie) paraat en gereed is om enige moontlike ontwrigtings te hanteer. Die publiek word aangemoedig om saam met owerhede te werk en hulle van enige vorm van wetteloosheid te distansieer.

Die verspreide boodskap lees soos volg:

Good evening Members
We have confirmed reports of a highway shutdown on Monday the 26th of May starting at 7:30. The N1 Sandton, N1 Pretoria and M1 and M2 motorways will be affected. Please make use of alternative use for EMS. This has been verified by JMPD and TMPD. Please be cautious on the roads.

National Shutdown
26th May 2025
Cyril Ramaphosa must fall
No schools
No works
Blocking every Highways
Blocking every Towns
Shutting Down American Embassy and Consulates
Closing Down every American Businesses
No McDonald’s
No Kfc
NO STARBUCKS
NO CAPE UNION MART
STARTING 8.30 AM

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief