Action Society wil hê die nasionale register vir seksuele oortreders moet aan die publiek bekend gemaak word. Sou jy graag wil weet of ‘n sleutelfiguur in jou gemeenskap of kind se skool moontlik in die register aangeteken is?
Die organisasie sê, na ‘n onlangse studie deur die nasionale vereniging van skole se beheerliggame (Nasgb), het dit aan die lig gekom dat 16 097 onderwyspersoneellede wat met kinders in skole werk, ‘n kriminele agtergrond het. Dit sluit misdade soos verkragting, moord, aanranding, diefstal, roof, bedrog, dwelmverwante misdade, huisbraak en ernstige padverkeersoortredinge in.
“Action Society is ontsteld, maar nie verbaas nie.”
Hierdie statistieke het die organisasie genoop om juis die rekords vir die beskerming van kinders, bekend te maak.