Lees ook: Hof beslis oor matriekuitslae
LIMPOPO. – Die departement van gesondheid in Limpopo het aangekondig die Mogoto-kliniek in Zebediela sal vandag weer oopmaak na dit gesluit was oor ‘n groot slang op die perseel gewaar is.
Stappe, insluitend die aanstel van slangvangers en die seël van ingangspunte, om die veiligheid van pasiënte en personeel te verseker, is deur die departement geneem.
Die kliniek se erf is ook skoongemaak.
Bronne: Limpopo Departement of Health
Lees ook: Hof beslis oor matriekuitslae





