Moord-en-verkragtingsbende lewenslank tronk toe gestuur

Lees ook :

Foto: Women For Change

GAUTENG. – Tumelo Pitso, Tebello Moeketsi, Tsepo Ramphalla, Napo Moketo en Thabiso Setona is Woensdag in die hooggeregshof in Johannesburg vir bendeverkragting en moord op Sinoxolo Noah tot twee keer lewenslank tronkstraf gevonnis.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, sê Noah was op 10 Julie 2022 onderweg na ‘n vulstasie in die Crown Mines-omgewing toe die verdagtes haar in die veld ingesleep en haar verkrag het. Hulle het haar geld gevat, haar verwurg en haar liggaam in ‘n riooldam gegooi. Noah was veronderstel om haar ma te ontmoet. Sy is as vermis aangemeld. Die polisie het haar liggaam twee dae later gevind. Die verdagtes is in hegtenis geneem nadat die gemeenskap hulle aangeval het. Hulle is later met DNS aan Noah se moord verbind.

Adv. Riana Williams, die senior staatsaanklaer, het aan die hof voorgehou die beskuldigdes het die slagoffer vermoor omdat hulle in dieselfde area bly en sy sou hulle kon identifiseer nadat sy ontvoer, verkrag en beroof is.

Mjonondwane sê die ondersoekwerk van lt.kol. Andile Mankanyi en adv. Williams is verwelkom in die strewe na geregtigheid namens die oorledene en haar familie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief