Moord op vier persone veroordeel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Die moord op vier persone wat Saterdag brutaal in Bityi vermoor is, word veroordeel.

Lt.kol. Siphokazi Mawisa het bevestig dat twee mans, onderskeidelik 30 en 40 jaar oud, in die Qolweni-woonbuurt buite Mthatha in aparte voorvalle verwurg is.

In die eerste insident het ‘n buurvrou glo die oggend twee mans van haar buurman se huisvenster sien vlug, waarna sy liggaam ontdek is. Sy het die gemeenskap ingelig wat glo self die twee verdagtes gaan soek het. Die verdagtes se liggame is later met verskeie beserings in die Lukhwethu-woonbuurt gevind.

Op dieselfde dag is ‘n ander 40-jarige man dood aangetref met ernstige beserings en ‘n elektriese kabel om sy nek. Mawisa het gesê die polisie ondersoek tans drie moordsake, waarvan een dossier twee klagtes bevat.

Die polisie het die gemeenskap aangemoedig om eerder misdaad by owerhede aan te meld as om die reg in eie hande te neem.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App