Moordenaar 12 jaar tronk toe gestuur

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Benwill Pico (28) is op 6 Maart in die Keimoes-streekshof vir die moord op Koos Sebolai (48) tot 12 jaar direkte tronkstraf gevonnis.

Sers. Omphile Masegela sê op 10 Mei 2022 is Keimoes-polisie na ‘n moordklag op die stortingsterrein waar ‘n manspersoon met verskeie steekwonde dood is.

Tydens die ondersoek is vasgestel Pico en Sebolai het ‘n argument gehad waartydens Pico die oorledene verskeie kere gesteek het. Hy is in hegtenis geneem en is deur die hof borg toegestaan tot sy vonnisoplegging.

Lt.genl. Koliswa Otola, die provinsiale kommissaris, het sers. Piet Eiman, die ondersoekbeampte, vir sy ondersoekwerk wat tot die skuldigbevinding gelei het, geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief