Moordenaar 22 jaar vir 23 steekwonde opgelê

Lees ook :

KIMBERLEY. – Clayton Monroe Lee (41) is in die Hooggeregshof in Kimberley altesaam 22 jaar tronkstraf vir moord en twee klagtes van aanranding opgelê.

Lee gaan 22 jaar vir die moord op Mitashja Estelle Lee, drie jaar vir die ernstige aanranding van Avery Lee en een jaar vir die aanranding van Monqiue Lee gelyktydig uitdien.

Gewelddadige familiemoord gaan regter se verstand te bowe

Regter Bulelwa Pakati het gesê sy is stomgeslaan dat ’n man die ma van sy kinders, voor een van die kinders, 23 keer met ’n visvangmes kon steek. Hy het ook vir Avery, sy kleindogter, ernstig beseer wat veroorsaak het dat sy baie bloed verloor het. Volgens haar was dit duidelik dat die beskuldigde vasbeslote was om die moord uit te voer.

Familie onder emosionele druk

Luidens ’n impakstudieverslag, wat deur ’n maatskaplike werker uitgereik is, het die voorval die familie onder geweldige emosionele en finansiële druk geplaas. Die studie het aangedui dat Monique nog nie haar pa vir die moord kon vergewe nie. Desmoney Lee, die middelste dogter, praat wel met die beskuldigde. Luidens die maatskaplike verslag sê Avery “Oupa my seer” wanneer sy na haar ou wonde verwys.

“Geen vonnis sal die moederliefde wat die oorledene se dogters verdien, kan terugbring nie,” het Pakati gesê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief