MPUMALANGA. – Konstabels Simangele Shabangu (34), Musa Hlanze (33) en Lucky Mahlangu (34) is in hegtenis geneem nadat ‘n motoris ná ‘n ongeluk dood is. Die saak is vir borgtogaansoek in die Evander-landdroshof tot Donderdag uitgestel.
Lizzy Suping, Opod-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die beskuldigdes het Dinsdag op ‘n aanklag van moord en regsverydeling in die hof voorgekom. Die drie beamptes is op 17 Augustus na ’n ongelukstoneel op die R546 tussen Embalenhle en Evander. Een van die motoriste het glo te voet gevlug, waarna die beamptes hom agtervolg, in hegtenis geneem en aangerand het. Die motoris het veelvuldige kopbeserings opgedoen en enkele dae later in ‘n hospitaal gesterf.
’n Opod-ondersoek het op 25 Augustus tot die inhegtenisneming van die beamptes gelei.
Die drie konstabels bly in aanhouding.
Lees meer hier onder:





