KWAZULU-NATAL. – Die liggaam van ‘n man wat volgens vermoede vermoor en van ‘n brug gegooi is, is in Sundumbili uit die Tugelarivier gehaal.
Samantha Meyrick van IPSS Search and Rescue sê die liggaam is in die rivier opgemerk, waarna dié diens saam met die polisie in Empangeni se K9-soek-en-reddingseenheid en Sudumbili-polisie na die toneel is. ‘n Tousisteem is gebruik om die liggaam van ‘n man in ‘n reddingsmandjie na die bokant van die brug te hys.
Meyrick sê die onbekende man se beweerde moord word deur Sundumbili-polisie ondersoek. Verskeie beserings aan die liggaam van die man het die vermoede laat ontstaan dat hy vermoor en van die brug gegooi is.


