GAUTENG. – Lewendige ammunisie en mortiere is Saterdag deur Ekurhuleni-metropolisiebeamptes (EMPD) en die SAPD in die Lakefield-gebied in Benoni ontdek.
Luidens ‘n EMPD-verklaring het die polisie ‘n wenk ontvang van moontlike verdagte items wat in ’n Wendy-huis by ’n gastehuis op die hoek van Cernan- en Lunarstrate versteek sou wees. Beamptes het ’n deeglike deursoeking gedoen waartydens ’n bruin boks met items opgespoor is. Die gebied is vir veiligheidsredes afgesper.
Die EMPD se K9-plofstofopsporingshond het die teenwoordigheid van militêre-graad plofstof bevestig. Items wat gevind is, sluit mortiere, ‘n geweermagasyn en lewendige rondtes ammunisie in.
Geen inhegtenisnemings is gemaak nie en die polisie se springstofeenheid het die ondersoek oorgeneem.





