MPUMALANGA. – Francisco Sithole (28), ‘n Mosambiekse burger, het Woensdag in die Masoyi- periodieke hof verskyn ná hy die vorige dag glo tydens ‘n teenstroperypatrollie in die Krugerwildtuin met ’n jaggeweer betrap is. Die saak is vir verdere ondersoek tot 23 Junie uitgestel is.
Lt.kol. Jabu Ndubane, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits veldwagters was in die Houtboschrand-gebied op patrollie toe hulle op menslike spore afgekom het. Terwyl hulle die spoor gevolg het, het hulle twee mans teëgekom, van wie een met ’n jaggeweer bewapen was. Die veldwagters het die verdagte beveel om die vuurwapen neer te sit, maar beide mans het op die vlug geslaan. Een vandie verdagtes is met ‘n agtervolging aangekeer. ’n Jaggeweer en nege (09) rondtes ammunisie is in sy besit gevind. Die verdagte word deur aanklagte van die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie, oortreding van die park se toegangsreëls (ongemagtigde toegang) en oortreding van die immigrasiewet in die gesig gestaar.
Genl.maj. Zeph Mkhwanazi, provinsiale polisiekommissaris, het die arrestasie verwelkom en die veldwagters vir hul waaksaamheid en toewyding aan die beskerming van die land se natuurlike erfenis geprys.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





