GAUTENG. – Aizeque Zacaria Cumbuia (26), ‘n tradisionele geneser van Mosambiek, wat met gebrande menslike weefsel by sy praktyk in Brits betrap is, het sy borgtogaansoek in die Ga-Rankuwa-landdroshof laat vaar.
Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die ontdekking is op 7 Augustus tydens ‘n polisie-moordondersoek gemaak. Die moordsaak behels ‘n vrou wat doodgemaak is, liggaamsdele verwyder is en die liggaam verbrand is.
Die saak is vir verdere ondersoek tot 14 Oktober uitgestel.