Moses Tembe praat oor dogter Anele Tembe se dood

Lees ook :

Moses Tembe praat oor Anele Tembe se dood
Moses Tembe praat oor Anele Tembe se dood fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Saak teen AKA-verdagtes in Eswatini uitgestel

Moses Tembe het in ‘n onderhoud met die SABC gepraat oor sy dogter, Anele, se dood.

Sy was net 22 jaar oud toe sy in 2021 oorlede is na sy van die tiende verdieping van ‘n hotel in Kaapstad geval het. Haar dood is as selfdood beskryf, maar ‘n ondersoek is ná die moord op AKA in 2023 begin.

Moses Tembe het in die onderhoud met die SABC gesê hy glo nie sy het selfdood gepleeg nie. Hy het ook beweer sy het haar verlowing met AKA verbreek. Tembe het wel bygevoeg hy maak beswaar teen enigiemand wat sê AKA het haar doodgemaak.

‘n Boek oor die verhouding tussen Anele en AKA word die maand vrygestel. Tembe praat in die boek ook oor hulle verhouding en Anele se dood. Hy het gesê hy wens hy het meer gedoen om in te meng met die verhouding. Die Forbes-familie het gesê hulle onderskryf nie die boek nie.

Bronne: SABC, IOL, Briefly

Lees ook: Saak teen AKA-verdagtes in Eswatini uitgestel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief