Mosselbaai-man vas vir ‘besit van kinderpornografie’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

TUINROETE. – ‘n Verdagte man (25) van Mosselbaai is vir 44 aanklagte van die beweerde besit van kinderpornografie en foto’s van seksuele misbruik van kinders aangekla.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG in die Wes-Kaap, sê die verdagte het Maandag in die hof verskyn waarna die saak vir ‘n formele borgaansoek tot 23 Februarie uitgestel is.

Hierdie verdagte is die vierde beskuldigde wat in die Wes-Kaap vir hierdie tipe beweerde misdade waarby kinderpornografie betrokke is, in hegtenis geneem is.

Die ander drie verdagtes is op Worcester, Kraaifontein en Mitchell’s Plein vasgetrek.

Dit bring die inhegtenisnemings landswyd tot op agt verdagtes te staan. In die ander sake is drie verdagtes in Gauteng en een in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.

FiND iT het voorheen soos volg berig:

WES-KAAP. – Die polisie se *SECI-eenheid en die VSA se Department van Homelands Security het verlede week saamgewerk om nog drie verdagtes vir beweerde internetverwante seksuele misdade met kinders (kinderpornografie) vas te trek. ‘n Man (53) van Worcester is Woensdag, nog ‘n man (40) van Kraaifontein Donderdag en ‘n derde ‘n man van Mitchells’s Plein (32) Vrydag in hegtenis geneem.

Brig. Athlenda Mathe sê onder die verdagtes is ‘n man wat homself glo as ‘n tiener voorgedoen het om minderjarige meisies na ‘n geselsgroep te lok.

Dit bring die aantal inhegtenisnemings as gevolg van ‘n internasionale operasie om die opsporing van vervaardigers, gebruikers en verspreiders van kinderpornografie op te spoor op sewe te staan. Sedert November 2023 is drie verdagtes in Gauteng en een in KwaZulu-Natal vasgetrek.

Die drie verdagtes wat in die Wes-Kaap vasgetrek is, word deur verskeie klagtes in die gesig gestaar.

Die man van Worcester het glo 95 000 foto’s en 6 000 video’s in sy besit gehad. Hy word onder meer op klagtes van die beskikbaarstelling en verspreiding van kinderpornografie beskuldig.

Die man van Kraaifontein is met meer as 149 000 foto’s en meer as 5 000 video’s van kinderpornografie betrap. Hy het ook na bewering twee ongelisensieerde vuurwapens en verskeie kalibers ammunisie en nege slange waarvan drie nie wettige permitte gehad het, in sy besit gehad. Hy word van onder meer die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie, sowel as die besit en verspreiding van kinderpornografie beskuldig.

Die Mitchell’s Plein-verdagte het glo minderjarige meisies na ‘n geselsgroep gelok waar naakfoto’s uitgeruil was.

Die verdagtes sal na verwagting in die Worcester-, Kraaifontein- en Mitchells Plein-landdroshowe verskyn.

*SECI – Serial and Electronic Crime Investigations

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief