Motor slaan om na botsing op Brits

Lees ook :

Motor slaan om na botsing. Foto's: HEMS

BRITS, NOORDWES. – ’n Toyota Fortuner het Vrydagmiddag op Brits omgeslaan toe die voertuig met ’n minibustaxi gebots het.

Volgens Hartbeespoort Emergency Medical Services het die ongeluk op die hoek van Maclean- en Van Veldenstraat plaasgevind. Die kragtige slag van die botsing het daartoe gelei dat die Fortuner omslaan.

Een persoon het geringe beserings opgedoen en is na ’n hospitaal vervoer. Inwoners is aangemoedig om versigtig in die sakekern te ry en die padreëls te gehoorsaam.

Bronne: HEMS, The Independent Co

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief