WES-KAAP. – ‘n Motorfietsbestuurder is Sondagoggend net voor 12:00 kritiek beseer nadat hy met sy motorfiets in die Franschhoek-pas van die pad af gery het.
Volgens EJ Breakingnews Facebook-blad is die beseerde bestuurder en sy motorfiets meters onder die pad aangetref. Ná ‘n gesamentlike reddingspoging is die bestuurder deur ER24-ambulansdienste na die Paarl-hospitaal vervoer.
Bronne: EJ Breakingnews en Mike Charlie 1; Facebook-bladsye
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





