GAUTENG. – ‘n Motorfietsryer, vermoedelik in sy laat 30’s, is op 1 Maart in Main Reefweg onthoof en het gesterf. Die moord op die man word deur die Benoni-polisie ondersoek.
Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê aan Nuusflits die oorledene is onbekend. Nevhuhulwi sê die instrument wat vir die moord gebruik is, asook die motief daarvoor, is tans onbekend. Die oorledene se selfoon, beursie met geld en sy motorfiets is op die toneel gevind.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.
Motorfietsryers is deur die Kempton Park Alerts-groep gewaarsku om van alternatiewe roetes gebruik te maak, aangesien daar na bewering van kophoogte kabels gebruik gemaak word om motorfietsryers te kaap.


