Motorfietsryer sterf toe hy teen reling bots

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Motorfietsryer, na raming in sy 30’s, het omstreeks 12:30 vandag gesterf toe hy vermoedelik met sy motorfiets op die M4 uitgeswaai en teen ‘n padreling gebots het.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die motorfietsbestuurder het vermoedelik vir klippe in die pad net voor die Himalayas-afrit uitgeswaai.

Met aankoms van paramedici op die toneel het hulle die man gevind waar hy in die pad lê. Hy is dood verklaar.

Die toneel is steeds aktief en die polisie sal die ongeluk ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief