Motorongeluk eis jong seun en ma

Lees ook :

Foto's: Laerskool Magalieskruin en Facebook

GAUTENG. – Karlu van Aswegen, in gr. 3 in Laerskool Magalieskruin in Pretoria, het Maandagaand in ‘n motorongeluk gesterf. Karin, Karlu se ma, het gisteraand in die hospitaal aan beserings wat sy in die ongeluk opgedoen het, gesterf.

Karlu en Karin se afsterwe is deur Laerskool Magalieskruin op sosiale media bekendgemaak. Die skool het Dinsdag ‘n oomblik van stilte gehandhaaf by ‘n rugbywedstryd waar Karlu moes uitdraf.

Gebed is vir Jurie en Junique, die gesin se pappa en dogter, wat ook in die ongeluk betrokke was, gevra.

“MET INNIGE SIMPATIE. Vandag is dit ‘n baie swaar en hartseer dag vir ons Gallie Gemeenskap. Dis met leedwese en ontsaglike hartseer wat ons julle moet meedeel dat een van ons Gallies, Karlu van Aswegen in gr. 3, gisteraand in ‘n ernstige motorongeluk oorlede is. Karlu was ‘n pragtige seun met die mooiste hart, ons harte is stukkend. Ons dra sy ouers, Jurie & Karin, sy sussie, familie en vriende in ons gebede in hierdie moeilike tyd.”

“Vanoggend moet ons nog hartseer met ons Gallie Gemeenskap deel . Karlu se Mamma, Karin, is ook gisteraand oorlede. Ons harte gaan uit aan Pappa Jurie & Sussie Junique, die Van Aswegen- en Prinsloo-families en vriende. Julle is in ons gebede in hierdie ongelooflike moeilike tyd. Karin was welbekend in Gallieland, altyd ‘n vriendelike groet & ‘n glimlag op jou gesig gehad. Dankie vir die verskil wat jy gemaak het. Rus sag .”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief