MPV-inentinging steeds by skole aan die gang

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

Die Nasionale Departement van Gesondheid is steeds met MPV-inenting vir meisieleerlinge by openbare, spesiale, privaat en onafhanklike skole besig.

Spanne gesondheidswerkers besoek tot 31 Maart die meisieskole om ‘n enkeldosis van die entstof toe te dien. Gr. 5 – 7 meisies wat 9 jaar oud en ouer is, sal hulle dosis gedurende Augustus en September ontvang.

Die inenting teen die menslike papiloomvirus (MPV) is daarop gemik om servikskanker te voorkom. Ouers, versorgers en wettige voogde word aangemoedig om die toestemmingsvorms te teken sodat meisies nie die lewensreddende inenting moet mis nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief