MüNCHEN, DUITSLAND. – Die München-lughawe is weer oop nadat dit gisteraand moes sluit en vlugte gekanselleer is ná verskeie hommeltuie naby die lughawe gesien is.
Lees ook: Hommeltuie dring Denemarke se lugruim binne
17 vlugte is gekanselleer en 15 moes na nabye stede herlei word toe verskeie ongeïdentifiseerde hommeltuie in die lugruim gewaar is.
Owerhede in België het ook 15 hommeltuie naby die Elsenborn- militêre fasiliteit naby die Duitse grens gesien en ondersoek die voorval. Die hommeltuie het van België na Duitsland gevlieg.
Dit is onbekend waar die hommeltuie vandaan kom of wie dit gevlieg het.
Voorvalle van hommeltuie wat die lugruim binnedring, is die afgelope paar weke in Kopenhagen, Oslo, Poland, Estonië, Roemenië en Denemarke aangemeld. Rusland is vir van die voorvalle blameer, maar die president van Rusland, Wladimir Poetin, het betrokkenheid ontken. .
Bronne: BBC, Euronews, SABC News





