Hommeltuie dring Denemarke se lugruim binne

Lees ook :

Hommeltuie dring Dene se lugruim binne fotokrediet: Canva

DENEMARKE. – Verskeie hommeltuie het die week die Deense lugruim binnegedring. Die Aalborg-lughawe is oornag gesluit, terwyl die lughawens van Esbjerg, Sonderborg en Skrydstrup ook aktiwiteit van hommeltuie ondervind het, maar nie gesluit is nie.

Lees ook: Poland waarsku Rusland vliegtuie sal afgeskiet word as dit weer lugruim binnedring

Werksaamhede by die Kopenhagen-lughawe in Denemarke en by die Oslo-lughawe in Noorweë is Maandag deur onbekende hommeltuie ontwrig.

Die Deense eerste minister, Mette Frederiksen, het gesê Russiese betrokkenheid by die voorval in Kopenhagen kan nie geïgnoreer word nie. Owerhede in Noorweë en Denemarke het gesê hulle werk saam om die situasie te ondersoek, maar dat geen verband tussen die voorvalle nog gevind is nie.

Russiese hommeltuie het verlede week die lugruim van Poland, Estonië, asook Roemenië binnegedring.

Bronne: BBC, CNN, Euronews

Lees ook: Poland waarsku Rusland vliegtuie sal afgeskiet word as dit weer lugruim binnedring

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief