Muur langs N2 welkom, maar polisiëring noodsaaklik – VF Plus

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Die VF Plus sê die Stad Kaapstad se plan om ’n muur langs die N2 op te rig, is ’n veiligheidsmaatreël vir motoriste, maar dat dit sonder volgehoue en sigbare polisiëring nie voldoende sal wees nie.

Luidens ’n mediaverklaring volg die standpunt ná jarelange probleme op dié snelweg. Die party sê die muur is nie ’n volhoubare langtermynoplossing nie en dat misdadigers maniere sal vind om dit te omseil. Volgens die VF Plus kan die N2 slegs doeltreffend beveilig word deur sigbare polisiëring, kameras en ander hulpmiddele.

“’n Muur kan help, maar sonder ’n sterk teenwoordigheid van wetstoepassers bly motoriste kwesbaar,” sê Emre Uygun, VF Plus-raadslid in die Stad Kaapstad.

Die VF Plus dring daarop aan dat die Stad saam met Sanral en die nasionale regering praktiese stappe moet prioritiseer, insluitend die herstel van heinings, die heraktivering van CCTV-kameras en die permanente ontplooiing van gewapende patrollies by hoërisiko-voetgangerbrûe. Sanral moet die koste van die muur ten volle dra of ’n beduidende bydrae lewer, sê die party.

Die verklaring verwys ook na ’n onlangse aanval op die N2 naby die Borcherds Quarry-afrit, waar ’n ma en haar seun (11) Saterdagmiddag geteiken is, as ’n aanduiding van die erns van die situasie. Dit volg ná die moord op Karin van Aardt, wat hewige reaksie oor veiligheid veroorsaak het.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief