’n Rolstoel vir oom Leon Verreynne

Lees ook :

Leon Verreynne (58), wat al meer as 300 dae in die Mediclinic Gariep lê met Gullain Barré-sindroom, benodig ’n spesiale rolstoel om sy vordering en rehabilitasie aan te help. Ongelukkig dek sy mediese fonds nie die rolstoel nie. Lees oom Leon se volledige storie hier.

Op die hart gelê

Elri Vlok het besluit om ’n projek te begin om geld in te samel om oom Leon te help om die rolstoel te betaal. Elri het vir oom Leon en tannie Alta in die hoësorg-eenheid in Mediclinic Gariep ontmoet terwyl sy haar man besoek het. Elri se man is ook al maande lank in die hoësorg-eenheid.  “Die Here het dit regtig op my hart gelê om die twee mense te help. Mens besef nie altyd dat ander mense se uitdagings dalk groter as joune kan wees nie.”

Elektriese rolstoel

Gariep Mediclinic het al ses keer namens Verreynne motiverings vir die rolstoel ingestuur, maar steeds keer die mediese fonds dit af. Hy kort ’n elektriese rolstoel met verskeie bykomstighede.

Die totale prys vir die rolstoel, insluitend bykomstighede, beloop R51 899.76. Die rolstoel word deur Germishuys & Van Den Berg Orthotics & Prosthetics verskaf.

Hoe om te help

Indien jy ’n skenking wil maak om oom Leon te help om die rolstoel te kry wat hy nodig het, kan jy ’n betaling in die volgende rekening maak:

EWWC
FNB
Rekeningnommer: 62815826592
Takkode: 250655
Verwysing: Verreynne rolstoel

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App