Naakte man met polisie-vuurwapen laat beamptes bontstaan

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video Prime Time News za

WES-KAAP. – ‘n Naakte man het Woensdag omstreeks 13:00 omstanders en polisiebeamptes in Keeromstraat, Kaapstad, laat bontstaan. Polisiebeamptes van Kaapstad-Sentraal-polisiekantoor is oor ‘n naakte man op ‘n sypaadjie ontbied.

Volgens lt.kol. Malcolm Pojie het die polisie met aankoms ’n jong man, sonder ‘n draad klere aangetref wat geweier het om saam te werk of homself toe te maak. “’n Skermutseling het ontstaan waartydens die man die vuurwapen van ‘n polisielid gegryp en skote geskiet het. Niemand is egter raakgeskiet nie.”

Polisiebeamptes het die man oorweldig en hom op aanklagte van die roof van ’n vuurwapen, die afvuur van ’n vuurwapen in ’n openbare ruimte en openbare onsedelikheid in hegtenis geneem .

Hy sal in die Kaapstad-landdroshof verskyn sodra hy aangekla is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief