FRANKRYK. – Die Spaanse tennisspeler, Rafael Nadal (37), het Donderdag aangekondig dat hy weens gesondheidsredes nie aan Monte Carlo se meesterstennistoernooi gaan deelneem nie.
Nadal het die aankondiging op sosiale media gemaak. Volgens hom sal hy steeds nie gereed wees nie, al werk hy hoe hard. Hy erken dit is moeilik om nie aan die kampioenskap deel te neem nie, maar hy probeer om die huidige omstandighede te aanvaar.
Hy sou vir die eerste keer na sy heupbesering weer aan ’n ATP-toernooi deelgeneem het. Vroeër is aangekondig hy beplan om na die 2024-seisoen formeel uit professionele tennis te tree.
Die toernooi begin Saterdag.
Bronne: SuperSport, ESPN, ATP Tour, Twitter