Najwa Petersen kry parooldatum

Lees ook :

Foto: UCT News

Najwa Petersen (63), veroordeelde moordenaar van Taliep Petersen, het op 11 September voor die paroolraad verskyn en het gehoor sy word op 27 November op parool vrygelaat.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder vir korrektiewe dienste, sê in ‘n verklaring die slagoffers van Petersen se misdaad was by die verhoor betrokke en is oor die besluit ingelig.

Petersen het reeds die minimum tydperk van haar 28 jaar gevangenisstraf uitgedien.

Taliep Petersen, sanger, liedjieskrywer en dramaturg is op 16 Desember 2006 in sy huis doodgeskiet. Najwa Petersen is die volgende jaar by die familiehuis vir haar betrokkenheid by haar man se moord gearresteer. Sy en drie medebeskuldigdes is van die moord aangekla en is op 2 Desember 2008 in die Kaapse hooggeregshof skuldig bevind. Sy is twee maande lagter deur Regter Siraj Desai gevonnis.

Abdoer Emjedi en Waheed Hassen is saam met haar skuldig bevind aan moord en roof met verswarende omstandighede, waarna hulle gevonnis is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief