MANCHESTER, VK. – Die slagoffers wat gister dood is in die aanval op die Heaton Park-sinagoge is deur die polisie bekendgemaak.
Lees ook: Twee dood en drie beseer in aanval op sinagoge in Manchester
Melvin Cravitz (66) en Martin Daulby (53) is in die aanval oorlede. Drie mense is steeds in ‘n kritieke toestand ná die aanval.
Die verdagte, Jihad Al-Shamie (35), is ‘n Britse burger van Siriese afkoms. Hy het in 2006 Britse burgerskap gekry. Al-Shamie het met ‘n motor tot by die hekke van die sinagoge gery en daar mense met ‘n mes begin steek.
Veiligheidswerkers en lede van die sinagoge het gekeer dat hy die sinagoge binnegaan, waarna hy deur die polisie doodgeskiet is.
Drie verdagtes, twee mans in hulle 30’s en ‘n vrou in haar 60’s, is ook in verband met die gebeure op vermoede van “die aanhitsing, voorbereiding en pleeg van terreurdade” in hegtenis geneem.
Die polisie ondersoek die voorval.
Bronne: BBC, Sky News, AOL
Lees ook: Twee dood en drie beseer in aanval op sinagoge in Manchester





