Nampo 2024 het afgeskop!

Lees ook :

Nampo 2024 het afgeskop! Foto: Graan SA

BOTHAVILLE, VRYSTAAT. – Die jaarlikse Nampo-ekspo het Dinsdag by Nampo-park naby Bothaville begin. Dit word vanjaar tot 17 Mei aangebied.

Graan SA se Nampo-ekspo is een van die grootste boerdery-uitstallings in die Suidelike halfrond. Die eerste Nampo-oesdag is in 1967 op die Donkerhoek-plaas naby Bloemfontein gehou en deur 200 produsente bygewoon.

Die ekspo het jaarliks eksponensieel gegroei tot so ’n mate dat hulle ’n permanente terrein buite Bothaville moes vestig. Deesdae staan die terrein as Nampo-park bekend.

Kaartjies vir die ekspo beloop R110 aanlyn en R130 by die hek. Voorskoolse kinders se toegang is gratis.

Besoek hulle webtuiste vir meer inligting en om die volledige program af te laai.

Bronne: Graan SA

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief