Nasionale ANC-voorsitter grap hy sal R20 vir stem betaal

Lees ook :

Gwede Mantashe, die nasionale voorsitter van die ANC het tydens ’n politiese veldtog op video gegrap dat hy R20 vir ’n Deben-inwoners se stem sal betaal. Dié video is daarna wyd op sosiale media gedeel.

The South African, ’n nasionale aanlynkoerant, het berig die voorval wat op video geneem is, het tydens die party se veldtog in die Noord-Kaap plaasgevind. Mantashe het Kuruman en Deben besoek. Die video, deur Ulrich Hendriks van die SAUK, is reeds meer as 14 000 keer gekyk.

Volgens The South African het Mantashe van deur tot deur op Deben geloop toe hy die vrou voor ’n huis op haar stoep gewaar het. Die twee het oor politiek begin praat.

Hier volg ’n gedeelte uit die videogreep:

Inwoner: “Ek stem nie.”
Mantashe: “Hoekom nie?”
Inwoner: “Ek moet nog water koop vir R20, maar kry net R16 se water.”
Mantashe: “So ek moet jou R20 gee?”
Inwoner: “Dit is te min!”
Mantashe: “So ek kan jou stem vir R20 koop?”
Inwoner: “Nee, dit is te min!”
Mantashe: “So jy verkoop nie jou stem nie?”
Inwoner: “Nooit nie.”
Mantashe: “So ek vra vir daai stem.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief