Nationale Kinderbeskermingsweek word vanaf 2 Junie tot 9 Junie 2019 in Suid-Afrika gevier.
Dit is die 22ste jaar wat die week herdenk word en sal vanjaar die tema Let us protect all children to move South Africa forward dra.
Hierdie week word jaarliks in die land herdenk om bewustheid te skep van die regte wat kinders onder die Suid-Afrikaanse grondwet het.
Die veldtog is in 1997 begin en mik om alle sektore van die samelewing te mobiliseer om te verseker dat kinders versorg en beskerm word. Volgens die Suid-Afrikaanse regering word die inisiatief deur die minister van maatskaplike ontwikkeling gelei, maar is dit steeds elke burger se plig om ’n rol te speel in die beskerming van kinders en die skep van ’n veilige omgewing vir hulle.
“Om kinders teen geweld, uitbuiting en mishandeling te beskerm, is nie net ‘n basiese waarde nie, maar ook ‘n verpligting wat duidelik in artikel 28 van die Suid-Afrikaanse grondwet uiteengesit word.”
Kry hulp:
Die tolvrye nommer is 0800 428 428 om met ‘n maatskaplike werker te praat vir hulp en berading.
Oproepers kan ook ‘n maatskaplike werker van die Command Center versoek om hulle te kontak deur * 120 * 7867 # (gratis) van enige selfoon te skakel.
Childline Suid-Afrika: 0800 055 555
Kinderwelsyn Suid-Afrika: 086 142 4453 / 011 452 4110 / e-pos: info@childwelfaresa.org.za