Seun (9) en vegkuns-afrigter van Kimberley gaan SA by wêreldkampioenskap verteenwoordig

Lees ook :

Shihan Sakkie Lessing (6de Dan) en Schalk Willem Engelbrecht (8) van Lessing Martial Arts Academy gaan Suid-Afrika op 5 en 6 Julie by die IKSA-wêreldkampioenskap in Florida in die VSA verteenwoordig.

Lessing wat meer as 47 jaar se ondervinding in vegkuns het, is as hoofafrigter vir die nasionale span aangewys. “Oor die afgelope 21 jaar het Lessing Martial Arts Academy 14 wêreldkampioene gelewer,” verduidelik Lessing.

Voorts sê hy: “Engelbrecht gaan in die continuous fighting– en clash sparring-afdelings deelneem. Ons hoop om hierdie jaar nog ’n wêreldkampioen te lewer.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief