Nasionale ramp verklaar weens erge oorstromings

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

SUID-AFRIKA. – ‘n Nasionale ramp is op 17 Januarie ingevolge Artikel 23 van die Rampbestuurwet verklaar weens erge weerstoestande en wydverspreide oorstromings wat sedert laat Desember 2025 verskeie provinsies geraak het. Lewensverlies, skade aan eiendom, infrastruktuur en die omgewing, asook die ontwrigting van basiese dienste, is aangemeld.

Luidens ’n kennisgewing deur dr. Elias Sithole, hoof van die nasionale rampbestuursentrum, het die rampsituasie provinsies soos Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en Noordwes geraak, nadat swaar reën, sterk en skadelike winde, weerlig en oorstromings voorgekom het.

Volgens Sithole is die nasionale uitvoerende gesag aangewys om die nasionale ramp te koördineer en te bestuur, terwyl alle staatsorganisasies versoek is om hul rampbestuursmaatreëls te versterk en vorderingsverslae aan die nasionale rampbestuursentrum voor te lê.

Minister Velenkosini Hlabisa sê die klassifikasie maak voorsiening vir ’n gekoördineerde nasionale regeringsreaksie om voorkoming, verligting, herstel en rehabilitasie te ondersteun.

Lees meer hier onder.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief