NB-Uitgewers maak jeugboekprys-finaliste bekend

Lees ook :

Die finaliste is vanoggend bekend gemaak. Foto's: NB-Uitgewers en Canva

NB-Uitgewers het die kortlys van hulle 2023-jeugboekpryse vanoggend bekend gemaak. Die drukname Human & Rousseau en Tafelberg is by die kompetisie betrokke en sal die wenromans teen die einde van die jaar uitgee.

Skrywers kon vir twee kategorieë inskryf: ’n kinderverhaal vir lesers tussen 8 en 12 en ’n tiener- of jongvolwasseneverhaal vir lesers ouer as 13.

Die kinderverhaal-finaliste is:

Celeste Loriston met Kwini-Lee en die kuberkraker

Karla Cloete met Wikus se wetenskaplike dagboek

De Wet Hugo met Die Doodgelukkige Bure

Die tiener- of jongvolwasseneverhaal se finaliste is:

Fanie Viljoen met Sny hulle in sterre uit

Sandy Schoeman met Chakalaka uit ’n blikkie

Celeste Loriston met Pagama vir die Six

Een wenner sal uit elke kategorie aangewys word. Elke wenner se prysgeld beloop R50 000. Die wenners sal op 15 April 2024 aangekondig word.

Bron: NB-Uitgewers

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief