Andy Mothibi, die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), het dreigemente teen die nasionale vervolgingseenheid en ‘n senior beamtpe van die batebeslagleggingseenheid veroordeel. Dit volg nadat ’n vermeende lid van die MK-party glo by die NVG se hoofkantoor opgedaag en ’n ondersoeker gedreig het. ’n Strafsaak is intussen by die polisie geopen.
Bulelwa Makeke, NVG-woordvoerder, sê die dreigemente hou verband met meer as R4,1 miljoen wat in 2024 deur die Pretoria-hooggeregshof bevries is. Die geld was in rekeninge van Women Against Poverty and Hunger (WAPH) en hou verband met die Growsave-stokvel. Volgens die NVG het WAPH mense gelok om eenmalig R300 te betaal vir kruideniersware vir 12 maande se verskaffing van produkte. Die beloofde produkte was egter veel meer werd as die bedrag wat betaal is. Lede is ook aangemoedig om nuwe mense te werf vir kontantbelonings.
Die ondersoek het bevind dit is ’n verbode vermenigvuldigingskema. WAPH is ook nie as ’n finansiële diensverskaffer gelisensieer nie. Volgens die NVG is die doel van die batebeslagleggingseenheid om die publiek teen sulke skemas te beskerm. Die saak is nog nie afgehandel nie, aangesien ’n appèl hangende is. Die bewaringsbevele is onderskeidelik op 30 September 2024 ten bedrae van R4 057 259 en op 16 Oktober 2024 vir R136 709-77. ‘n Verbeurdverklaringsbevel vir R136 709.77 met rente is op 19 Junie 2025 uitgereik. Op 26 November het die hof ‘n bevel gemaak om die bewaringsbevel van R4 057 259 ter syde te stel en die gevriesde rekeninge vry te stel. Die NDOV het ‘n dispuut teen die korrektheid en wetlikheid ten opsigte van die bevele aanhangig gemaak en het ‘n aansoek tot verlof vir appèl geliaseer.
‘n Video-opname van die voorval is op sosiale media gedeel. Die vermeende lid van die MK-party het glo gedreig om ’n skare te mobiliseer om toegang tot die NVG-gebou vir 14 dae te versper totdat geld aan “die vroue van Suid-Afrika” uitbetaal word.






One Response
http://farmaciabesurica.com/# farmacia online Italia