Nederlandse toeriste ontvoer en beroof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Twee Nederlandse toeriste is Maandag net na 15:00, terwyl hulle van Jeffreysbaai na Addo op die R335 onderweg was, ontvoer en beroof.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê aan Nuusflits die paar is deur ‘n voertuig met ses mans gestop. Die ruit aan die bestuurderskant van die voertuig is uitgeslaan en die toeriste is uit die voertuig gedwing en in ‘n ander voertuig inforseer.

Bankaarte en selfone is deur die verdagtes geëis. Die toeriste is forseer om limiete op hulle bankrekenings te verhoog, waarna ‘n onbekende bedrag geld by verskillende banke uit hulle rekeninge onttrek is. Na die onttrekkings is hulle beveel om hulle koppe met ‘n kombers toe te maak en vyf minute te wag voordat hulle kon ry. Hulle het direk na Kariega-polisiestasie gery om die roof aan te meld.

Swartkops-polisie ondersoek ‘n saak van kaping en ontvoering.

Enigiemand met relevante inligting word gevra om speur. adjudant-offisier Leonard by 082 847 4756 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief